Rusland val weste van Oekraïne aan, burgerlikes dood

Die Oekraïne sê ‘n Russiese missielaanval het sewe burgerlikes in Lviv doodgemaak, die eerste burgerlike slagoffers in die westelike stad. ‘n Man en ‘n vrou is in die noordoostelike Oekraïense stad Kharkiv dood toe ‘n park naby ‘n woongebou geteiken is. Intussen ontken Rusland dat hy burgerlikes teiken en verwerp wat die Oekraïne sê bewyse van gruweldade is. Mariupol is steeds nie oorgeneem deur Russiese magte nie en die gevegte in die beleërde stad duur voort. Rusland sê hy het honderde militêre teikens in die Oekraïne getref en het 16 militêre fasiliteite vernietig in die Kharkiv-, Zaporizhzhia-, Donetsk-streke.