Eskom moet tot ramptoestand verklaar word

Die DA in die buurland het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die minister van energie, Gwede Mantashe, gevra om ‘n kabinetsbesluit te motiveer wat aandag sal gee aan die dreigende ramp in die land se elektrisiteitsektor. Beurtkrag is weer ingestel en duur tot môreoggend vyf-uur. Ghaleb Cachalia van die DA waarsku Eskom het bo enige twyfel bewys hy is nie in staat om Suid-Afrika se beurtkragkrisis van 14 jaar op te los nie: