Weste van Oekraïne loop deur onder missiele

Oekraïnse owerhede sê missiele het die stad van Lviv vanoggend getref en ontploffings is in ander stede ook aangemeld terwyl Russiese magte hul bombardemente voortgesit het. Die Russe sê hulle het amper volle beheer oor die strategiese suidelike hawe van Mariupol. Die ontploffings in die weste van die land kom eintlik as verrassing omdat die Russe hulle offensief op Donbas in die suidooste van die land gefokus het. Ontploffings is ook in die hoofstad Kiëf bevestig. Daar is nog geen aanduidings van enige sterfgevalle nie.