Kinders hier en in SA sterf van wanvoeding

Namibië het groot uitdagings met wanvoeding van kinders en die jongste syfers toon dat 7 persent van die land se kinders onder die ouderdom van vyf jaar, nie genoeg kos kry nie en aan akute wanvoeding lei. Dit lei weer op sy beurt na onvoldoende groei. Kinders onder vyf met sogenaamde belemmerde groei was onlangs nog op 24 persent en die jongste syfers is nie beskikbaar nie. Intussen kom dié uitdagings ook in Suid-Afrika voor. Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Montseng Tsui, sê alhoemeer kinders in haar provinsie sterf weens akute wanvoeding. Dié sterftes het in die afgelope twee finansiële jare meer as verdubbel van 4,2 tot 9,6 persent. Tsui sê die styging is te wyte aan ‘n voedselgebrek in huise nadat baie ouers hul werk verloor het weens die Covid-19-pandemie: