Omikron-variant kan dalk inenting, immuniteit omseil…

Owerhede monitor die verspreiding van nuwe, hoogs oordraagbare vorms van die Omikron-variant in die Amerikaans deelstaat New York en sowel as in Europa. Amerikaanse media berig die ondersoek toon dat die virus sy genetiese profiel kan verander en ‘n nuwe bedreiging inhou. ‘n Viroloog aan die Johns Hopkins-universiteit, Andy Pekosz, sê hulle het mutasies ontdek wat die virus in staat stel om selle binne te dring, en entstof en immuniteit wat deur besmettings versterk is, te omseil.