Nog druk op olieprys met Libiese-uitdagings

Verdere druk word op die olieprys verwag na uitvoere vanaf Libië se Zueitina-oliehawe opgeskort is. Dit volg nadat betogers die hawe binnegekom het. Nuusagentskappe berig dat die groep alle beweging van olie gekeer het en die jongste inligting dui daarop dat ‘n tenkwa verhoed is om ‘n miljoen vate te laai. Verskeie belangrike oliepersele word sedert 2011, toe die land se omstrede leier Muammar Ghaddafi doodgeskiet is na Navo die land ingeval het, gereeld versper. Verskeie groepe baklei op die oomblik vir beheer oor Libië.