Klomp aanpassings, met loonbevel, op pad by arbeid

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma sê die instelling van ‘n nasionale minimum loon sal die jaar aandag geniet en ‘n loonbevel kan in die huidige boekjaar verwag word. Volgens Nujoma is hy tans besig om die verslag van die kommissie, wat konsultasies oor ‘n nasionale minimumloon gehou het, te bestudeer. Wekloosheidsversekering en ‘n nasionale pensioenfonds word ook op die oomblik bespreek. Hy voeg by dat die stelsel vir die oplossing van arbeidsgeskille aangepas word om die proses te bespoedig. Daar is gereeld klagtes oor vertragings in die proses – van beide werkgewers en werknemers. Die wetgewing op regstellende aksie word ook op die oomblik hersien om te verseker dat die indiensneming van mense met gestremdhede bevorder sal word.