Eers reëntekorte, nou kommandowurms

Boere in noordelike Namibië is bekommerd oor kommandowurms wat hul mahangu-gewasse vernietig. Boere het aan tydens die reënseisoen gekla dat die reën te laat gekom het vir hulle om hul gewasse te plant. Nou bid die boere vir meer reën om die wurms te laat verdwyn. Ileni Nandjato, ‘n groenteprodusent naby Ondangwa gesels met Kosmos 94.1 Nuus.