DA: Gauteng onbevoeg om brandskade aan hospitaal te herstel

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering was onbevoeg om die brandbeskadigde Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg te herstel en het toe die verantwoordelikheid op die nasionale gesondheidsdepartement geplaas. Twee verdagte kontrakte ter waarde van 128 miljoen rand vir die werk is gekanselleer en nege senior amptenare geskors na bevindings van die Spesiale Ondersoekeenheid. ‘n […]

Read More

Meeste moordsake in SA kom voor in Noordwes

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het bevestig die hoogste toename in die aantal moordsake in die land is in Noordwes aangeteken vir die tydperk vanaf Oktober tot Desember verlede jaar. Cele het by ‘n inligtingsessie oor die kwartaallikse misdaadstatistiek gesê daar was wel goeie nuus oor moorde in die Vrystaat in dieselfde tydperk.

Read More

Slegs 16% Namibiërs vertrou regering met entstowwe

Slegs 16 persent van Namibiërs het volle vertroue in die regering se vermoë om te verseker dat Covid-entstowwe veilig is, daarom die huiwerigheid om in te ent. Dit is volgens die jongste Afrobarometer-opname. Ses uit tien burgers vertrou die regering net ‘n bietjie en 30 persent sê hulle vertrou die regering geensins. Meer as 62 […]

Read More

Nam-owerhede hou polio in Malawi fyn dop

Owerhede in Malawi het ‘n uitbreking van polio verklaar nadat ‘n kind in die hoofstad Lilongwe die virus opgedoen het. Dit is die eerste geval van polio in Afrika in meer as vyf jaar. Namibië word ook as ‘n land waar polio endemies voorkom beskryf en Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van […]

Read More

Aspersies moet waai, hulle weerhou die reën…

Daar is oproer by die aspersie-plantasie naby Etunda in die Omusati-streek. Die inwoners en oproeriges sê Otjimbele Asparagus het ‘n toestel opgerig wat reënval verhoed, ten spyte daarvan dat daar kitsvloede Donderdagnag voorgekom het. Maar, hulle hou voet by stuk. Generosa Andowa, ‘n verteenwoordiger van die groep eis dat alle bedrywighede teen môre gestaak word.

Read More

Nabta, met N$20 in sy bank, sal kongres hou vir nuwe leierskap

Die Namibiese Bus- en Taxi-operateursvereniging sal nuwe leierskap verkies by sy volgende kongres in Junie vanjaar. Die vereniging het volgens wat berig word net 20 Namibiese dollar in sy bankrekening. Die vereniging se Pendapala Nakathingo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Wes-Kaap het meeste dwelmmisdade

Die Suid-Afrikaanse polisie se misdaadstatistiek vir Oktober tot Desember, dui aan die Wes-Kaap het die meeste dwelmverwante misdade van al die provinsies. Die provinsie het 15 274 dwelmmisdade gehad in vergelyking met 14 018 in dieselfde tyd die vorige jaar. Gauteng is in die tweede plek met 7 875, gevolg deur KwaZulu-Natal met 5 299 […]

Read More

Laaste spreker van Yamana sterf

’n Inheemse taal uit Suid-Amerika se verre Suide het amper verdwyn ná die dood van sy laaste lewende spreker en bewaker van sy voorvaderlike kultuur. Cristina Calderon is Woensdag op die ouderdom van 93 oorlede. Sy het die Yamana-taal van die Yagan-gemeenskap bemeester en was ná die dood van haar suster in 2003 die laaste […]

Read More

Leer hoe om ‘n dieremisdaadtoneel te lees

Wildlife Vets Namibia gaan in Maart ‘n kursus in die hantering van dieremisdaadtonele en -bewyse aanbied. Die kursus duur twee en ‘n half dae en die fokus is op wildmisdaad en veediefstal se misdaadtonele. Die eerste kursus vind vanaf 4 tot 6 Maart by Etango Ranch in die Windhoek-distrik plaas en die tweede een vanaf […]

Read More

Informele sektor wat groei is kommerwekkend – kenner

Die jongste navorsing toon dat 56 persent van alle werkende Namibiërs is betrokke in die informele sektor, wat volgens die navorsing met 5 persent jaarliks groei. Daar is vir talle van die mense geen formele werksgeleenthede nie maar, die grootste uitdaging is die feit dat die mense geensins inkomstebelasting betaal nie. Eben de Klerk van […]

Read More