VSA maak nie oorlog met Rusland nie, ondersteun die Oekraïne

Die tussentydse Amerikaanse ambassadeur in Brittanje, Philip Reeker, sê sy land sal nie troepe na die Oekraïne stuur nie. Reeker sê die VSA maak nie met Rusland oorlog nie maar ondersteun die Oekraïne, nes Navo in Europa is as verdedigende mag. Sy aanmerkings kom te midde van verskerpte aanvalle deur Rusland in die ooste van die land.