Agt Chinese by sementfabriek beboet en uitgegooi

Die agt Chinese burgers wat twee weke gelede by die Cheetah-sementfabriek naby Otjiwarongo in hegtenis geneem is omdat hulle nie geldige werkpermitte gehad het nie, het reeds die land verlaat. Die agt het almal skuldig gepleit in die dorp se landdroshof. Die aanklaer by die hof Joas Neemwatya sê die agt het nie senior of gespesifiseerde poste beklee nie. Landdros Ivette Fredericks het hul elk met 6 000 dollar beboet en beveel om onmiddellik die land te verlaat, begelei deur lede van die polisie en immigrasiebeamptes. Die saak is blootgelê deur lede van die Namibia Economic Freedom Fighters maar die maatskappy het sedertdien ‘n saak van betreding teen die NEFF-lede oopgemaak.