Noordwes doen alles om bek- en klouseer aan te spreek

Die landboudepartement in Noordwes sê ‘n toegewyde span doen alles in hulle vermoë om voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Tot dusver is meer as 60 plase ondersoek en twee het voorkomende kwarantyn-kennisgewings ontvang. Die departement se woordvoerder, Langa Madyibi, sê hulle gaan voort om plase te ondersoek en bloedmonsters te neem op plase binne tien kilometer van die een waar die siekte eerste opgemerk is: