Djokovic sien uit na Franse Ope

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, sê hy wil so gereed as moontlik wees wanneer die Franse Ope op die 22ste van volgende maand begin. Djokovic mag in Frankryk deelneem solank as wat die Covid-syfers in die land onder beheer is. Hy speel hierdie week in die Serwiese Ope, wat slegs sy derde toernooi van die seisoen is. Die 34-jarige speler sê Roland Garros is die voorste kleibaantoernooi en wat voorbereiding betref, is hy in sy gedagtes reeds daar. Djokovic sê hy beplan om aan die Madrid-meesterstoernooi en die Italiaanse Ope deel te neem.