SA-inflasie hoër as Nam s’n

Suid-Afrika se inflasiesyfer is hoër as Namibië s’n. Die jaarlikse verbruikersprys-aanwyser, het in Maart tot 5,9 persent toegeneem in vergelyking met 5,7 persent in Februarie. Plaaslik is die syfer op 4,5 persent, onveranderd van Februarie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is die grootste bydraende faktore tot die jaarlikse inflasie steeds voedsel en nie-alkoholiese drankies. Dié twee het met 6,2 persent jaar-op-jaar toegeneem en 1,1 persentasiepunt bygedra tot die totale verbruikersprys-aanwyserkoers. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê ander verhogings sluit in behuising en dienste wat 1,2 persentasiepunt bygedra het, asook ‘n verskeidenheid produkte en dienste wat 0,5 van ‘n persentasiepunt bygedra het.