Gftn-chaos: Sinvula moet waai meen Garises

Die burgemeester van Grootfontein Talitha Garises hou voet by stuk dat die dorp se hoof uitvoerende beampte Kisco Sinvula uit sy amp verwyder. Garises het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy in verbinding sal tree met die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni, hieroor. Dit volg na chaos gister by die dorpsraad se kantore uitgebreek het toe sekuriteitsbeamptes gepoog het om Sinvula uit sy kantoor te verwyder na hulle opdrag ontvang het van raadslede. Garises sê Sinvula is geskors.