Voedselprogram sê oor die Oekraïne

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê hy twyfel of voedselvoorsieningslyne in Oekraïne oopgehou kan word. Tot dusver kon die organisasie meer as ‘n miljoen mense in Oekraïne bereik en van bereide kos, brood en kontant voorsien. Die uitvoerende direkteur van die Wêreldvoedselprogram, David Beasley, sê Oekraïne is ‘n belangrike verbouer en uitvoerder van landbouprodukte soos graan, sonneblomsaad, en mielies, en kan weens die oorlog agter raak met sy opbrengs: