Ekonoom meen voertuigverkope toon verbruikers se vertroue neem toe
High Economic Intelligence in die hoofstad het ‘n analise gedoen van die syfers op voertuigverkope vir Maart wat die week bekend gemaak is. Verkope het goed vertoon en met 4,15 persent gegroei tennor die 2,94 persent wat in 2021 aangeteken is. Salomo Hei van High Economic Intelligence sê dit dui op ‘n oplewing in verbruikers […]
VN-voedselprogram eis toegang, waar hy wil, in die Oekraïne
Die Wêreldvoedselprogram van die Verenigde Nasies eis ongehinderde toegang tot families in Oekraïne wat in konflikgebiede en besette stede vasgekeer is. Hy sê die gebrek aan toegang is die grootste struikelblok vir sy pogings om lewens in die oorlog-geteisterde land te red. Die voedselprogram se uitvoerende direkteur, David Beasley, sê vandat Mariupol twee weke gelede […]
Spaanse polisie vind 2 ton kokaïen
Vyf mense is in hegtenis geneem toe ‘n vissersboot met twee ton kokaïen langs die Kanariese Eilande onderskep is. Volgens die Spaanse polisie is die boot deur die kuswag voorgekeer en na Las Palmas in Gran Canaria vergesel. Media berig dat die kokaïen, wat na raming ‘n straatwaarde van 50 miljoen euro, of 791 miljoen […]
Dis Tsitsipas teen Fokina in Monte Carlo
Die verdedigende kampioen van die Monte Carlo-meesterstoernooi, Stefanos Tsitsipas, het gister vinnig klaargespeel met Alexander Zverev. Tsitsipas kom nou te staan teen Alejandro Davidovich Fokina, die speler wat die wêreld nommer een, Novak Djokovic, gestuit het. Die Griekse speler, wat derde op die wêreld-ranglys is, het Zverev met 6-4, 6-2 geklop. Davidovich Fokina, wat 46ste […]
So raak Covid endemies
Die Covid-pandemie het sedert sy uitbreking die wêreld tot stilstand gebring. Met verskeie Covid-variante wat gekom en gegaan het, word ‘n nuwe variant ondersoek. Talle mense glo dat daar nooit heeltemal van die korona-virus ontslae geraak sal word nie, maar dat dit ‘n seisoenale griep sal word wat in die wintermaande sal voorkom. Pulmonoloog dr. […]
Soeklig op migrante in Suider-Afrika
Die VN het die jongste syfers, die vir 2020, oor getalle van migrante in die wêreld bekend gemaak. In Suider-Afrika het Namibië net meer as 109 000 terwyl Suid-Afrika 2,9 miljoen het. In Angola is daar 656 000, met 416 000 in Zimbabwe. Botswana het net meer as 110 000 en Mosambiek, 339 000. Oor […]
DA vra daaglikse opdatering oor KZN
Die DA in KwaZulu-Natal het die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, gevra om daaglikse vergaderings van die uitvoerende komitee in te stel. Dit sal amptenare en voorsitters van komitees in staat stel om die provinsie se bestuur in te lig oor ontwikkelings in die verslegtende vloedramp. Thabani Mthethwa van die DA sê wyksraadslede moet ingelig […]
Twee Oseane: Gerda stel nuwe rekord op
Die Suid-Afrikaner Gerda Steyn het die Twee Oseane-marathonrekord wat Frith van der Merwe in 1989 opgestel het, verbeter. Sy het ook die eerste vrou geword wat die wedloop in minder as 3-uur-en-30-minute kon voltooi. Irvette van Zyl was tweede in ‘n tyd wat ook beter was as Van der Merwe se rekord. Die Ethiopiër Edndale […]
Kamer van Mynwese sê GRN maak net regte ‘geluide’oor beleggings, doen nie veel nie
Die Namibiese Kamer van Mynwese het gereageer op Namibië se goeie vertoning op die Fraser-indeks se beleidpersepsie-peiling oor die land as beleggingsbestemming in mynwese. Namibië is een van drie lande op die vasteland wat verbeter het. Volgens die kamer moet dit uitgelig word dat die absolute verbetering eintlik marginaal is met ‘n puntetelling van 75,2 […]
Stad Kaapstad staan KZN by
Die Stad Kaapstad het sy brand-en-reddingspan na KwaZulu-Natal ontplooi. Die span sal vandag help soek na 20 liggame wat vermoedelik onder modder begrawe is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die span bestaan uit hoogs opgeleide tegniese redders, duikers en noodreddingspersoneel. Hy sê verder die stad se span is in […]