Spaanse polisie vind 2 ton kokaïen

Vyf mense is in hegtenis geneem toe ‘n vissersboot met twee ton kokaïen langs die Kanariese Eilande onderskep is. Volgens die Spaanse polisie is die boot deur die kuswag voorgekeer en na Las Palmas in Gran Canaria vergesel. Media berig dat die kokaïen, wat na raming ‘n straatwaarde van 50 miljoen euro, of 791 miljoen Namibiese dollar, het. Vyf verdagtes is in aanhouding.