VN-voedselprogram eis toegang, waar hy wil, in die Oekraïne

Die Wêreldvoedselprogram van die Verenigde Nasies eis ongehinderde toegang tot families in Oekraïne wat in konflikgebiede en besette stede vasgekeer is. Hy sê die gebrek aan toegang is die grootste struikelblok vir sy pogings om lewens in die oorlog-geteisterde land te red. Die voedselprogram se uitvoerende direkteur, David Beasley, sê vandat Mariupol twee weke gelede beset is, is geen humanitêre hulp nog daar toegelaat nie: