Twee Oseane: Gerda stel nuwe rekord op

Die Suid-Afrikaner Gerda Steyn het die Twee Oseane-marathonrekord wat Frith van der Merwe in 1989 opgestel het, verbeter. Sy het ook die eerste vrou geword wat die wedloop in minder as 3-uur-en-30-minute kon voltooi. Irvette van Zyl was tweede in ‘n tyd wat ook beter was as Van der Merwe se rekord. Die Ethiopiër Edndale Belachew het die mans-marathon gewen. Die Suid-Afrikaner Nkosikhona Mhlakwana was tweede.