Kamer van Mynwese sê GRN maak net regte ‘geluide’oor beleggings, doen nie veel nie

Die Namibiese Kamer van Mynwese het gereageer op Namibië se goeie vertoning op die Fraser-indeks se beleidpersepsie-peiling oor die land as beleggingsbestemming in mynwese. Namibië is een van drie lande op die vasteland wat verbeter het. Volgens die kamer moet dit uitgelig word dat die absolute verbetering eintlik marginaal is met ‘n puntetelling van 75,2 op die oomblik, teenoor 74,3 voorheen. Dit dui daarop dat daar nog baie gedoen moet word om Namibië se beleidslandskap te verbeter. Dit bly toenemend kommerwekkend dat terwyl uitsprake deur die regering ten gunste van ‘n bevorderlike belegging omgewing is, is daar geen sigbare aksies vir die finalisering van uitstaande beleidsake nie. Daar is tans drie nuwe beleggingswetsontwerpe in die pyplyn, almal uiters omstrede en almal, nog nie gefinaliseer nie.