Haaie hardloop draaie om Leeus, Cheetahs om Pumas

Curriebeker-rugby: Die Haaie het draaie om die Leeus gehardloop in Johannesburg en uiteindelik met 45-31 gewen. Die Haaie se Boeta Chamberlain was ‘n yster met sy skopskoen. Die Haai het vier keer gaan druk. In die ander wedstryd was die Vrystaat Cheetahs te sterk vir die Pumas en het met 29-17 in Mbombela geseëvier. Die […]

Read More

President van Botswana besoek môre Roots-landbouprojek by Stampriet

Die President van Botswana, Mokgeetsi Masisi, gaan môre saam met van sy kabinetslede besoek by die mega-plaas, Roots Namibia, by Stampriet aflê. Die Roots-ontwikkeling is gebaseer op die nuwe konsep van ‘n landbou-dorp wat ontwikkel word om uitvoerprodukte na die internasionale mark uit te voer. Salomon Kalondo, ‘n vennoot van Roots Namibia het die besoek […]

Read More

Weermag van bokke maak oorlog teen indringerplante

‘n Weermag van bokke maak oorlog teen indringerplantegroei in die Oos-Kaap. Indringerspesies soos Port Jackson en wattelbome put die land se watervoorraad uit, vuur veldbrande aan, verminder landbouproduktiwiteit en vernietig Suid-Afrika se bio-verskeidenheid deur inheemse flora te oorheers. Dit kos die land jaarliks ongeveer twee miljard rand om indringer spesies te probeer vernietig. ‘n Boer […]

Read More

Biden vermoed Russiese inval in die Oekraïne is binne ‘komende dae’

Amerikaanse President Joe Biden sê hy is oortuig dat President Vladimir Poetin van Rusland besluit het om die Oekraïne aan te val en dat ‘n aanval binne die “komende dae” kan plaasvind. Internasionale media berig Biden het gesê die ontleding is gegrond op Amerikaanse intelligensie wat daarop dui dat die hoofstad, Kiëv, geteiken sal word. […]

Read More

Wyle dr. Japie van Zyl se Mars-helikopter al een jaar op Rooi Planeet

Die Perseverance-maantuig en Ingenuity, die Mars-helikopter, wat die wêreldbekende Namibiese ruimtewetenskaplike, wyle dr. Japie van Zyl, help ontwikkel het, is vandag een jaar op Mars. Dit is ‘n mylpaal wat selfs Nasa se wildste drome oortref het. Ingenuity is ontwerp om net vyf vlugte op die Rooi Planeet te onderneem, maar het al 19 vlugte […]

Read More

Virtuele toer by Twyfelfontein aangebied

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië het ‘n geskiedkundige mylpaal bereik deur ‘n virtuele realiteitstoer van Twyfelfontein aan te bied. Die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, het die virtuele toer van die Twyfelfontein-erfenisgebied bekendgestel. Sy sê die digitale tegnologie maak ‘n nuwe wêreld oop waar virtuele toeriste Namibiese rotskuns kan bewonder. Die virtuele […]

Read More

Black First Land First-woordvoerder beveel om haatspraak te verwyder

Die gelykheidshof in die buurland het die woordvoerder van Black First Land First, Lindsay Maasdorp, beveel om enige aanstootlike stellings van sy sosiale media-platforms te verwyder en om nie die doodmaak van, of geweld teen enige groep, aan te wakker nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n saak teen Maasdorp ingestel in die Wes-Kaapse hooggeregshof, wat […]

Read More

Oekraïnse inwoners in Donetsk aangemoedig om na Rusland te vlug

‘n Oekraïense separatistiese leier het ‘n beroep op inwoners gedoen om na Rusland te vlug te midde van die gespanne militêre dooiepunt tussen Oekraïne en Moskou. Die hoof van die self-aangekondigde Donetsk People’s Republic, Denis Pushilin, sê die Oekraïense weermag beplan om Donbas met geweld in te neem en burgerlikes moet ontruim word. Hy beskuldig […]

Read More

Nigeriese naelloper geskors oor opkikkers

Atletiek: Die Atletiek-integriteitseenheid het die Nigeriese naelloper Blessing Okagbare vir vyf jaar geskors vir die gebruik van veelvuldige opkikkers, en nog vyf jaar omdat sy nie met die ondersoek wou saamerk nie. Die hoof van die eenheid, Brett Clothier, sê ‘n skorsing van tien jaar dra ‘n sterk boodskap oor teen enige pogings om te […]

Read More

Nanso is tevrede met graad 11-uitslae

Die Landless People’s Movement se jeugliga-sekretaris, Duminga Ndala, sê die graad 11-uitslae is ‘n ramp en dui aan op die armoede-ongelykheid tussen staat- en privaatskole. Sy het gereageer op die 2021 eksamenuitslae van graad 11 gewone vlak wat gister deur die onderwysministerie aangekondig is. Esther Shakela, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie sê hulle is […]

Read More