Proewe vir krokodil-konflik word uitgevoer

‘n Omheiningstelsel wat ontwerp is om krokodille uit te hou word op die oomblik in die Kavango Oos-streek getoets. Dr. Francois Jacobs, ‘n senior bioloog in die ministerie van visserye sê die proewe vind plaas om die voortdurende krokodilaanvalle in die twee Kavango-streke aan te spreek. Jacobs sê hulle werk nou saam met die omgewingsministerie.  Hy voeg by dat die twee ministeries eers kyk na ‘n uitvoerbaarheidstudie van die oprigting van die omheinings wat onderhoud vry is en saam met die water kan beweeg, in beide die droë en nat seisoen. Die projek kos sowat 5 miljoen Namibiese dollar. Altesaam 61 krokodilaanvalle is van 2010 tot 2021 aangeteken terwyl sewe gevalle tot dusver in 2022 aangeteken is.