Dit was ‘n fout om entstof vanuit Kuba aan te koop – Thandi

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, Thandi Modise, het erken die departement het ‘n fout gemaak om ‘n sogenaamde Covid-19-entstof van Kuba aan te koop. Modise het die Parlement ingelig oor die bevindings van ‘n ministeriële taakspan. Dit het bewerings van bedrog, korrupsie en die wanbesteding van staatsgeld ondersoek. Die transaksie het die regering miljoene-rand gekos. Modise het aan LP’s gesê die bevindings van die taakspan se ondersoek sal in werking gestel word. Die entstof is ingevoer onder toesig van die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula.