Maatskaplike werkers ontplooi in KZN

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het 300 maatskaplike werkers na die vloedgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal ontplooi. Die traumareaksiespanne sal na verwagting psigo-maatskaplike steun verleen aan die slagoffers van die oorstromings. Die adjunk-minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sê die departement verskaf ook hulp in die vorm van kos en skooluniforms, en help families wat nie in staat is om hulle geliefdes te begrawe nie: