Brandstof-diefstal neem toe

Boewe het in Katima Mulilo het 410 liter diesel van die nasionale uitsaaier, die NBC, se toring se nood-kragopwekker gesteel. Die polisie sê hy ondersoek die voorval en daar is geen verdagtes in die saak nie. Die waarde van die diesel is net onder 9 000 Namibiese dollar beraam. Die diefstal van brandstof is redelik algemeen wanneer die olieprys en brandstofprys styg. Verskeie vulstasies het reeds uitdagings met motoriste wat wegjaag na hulle brandstof getap het en vervoermaatskappy het dieselfde probleme met brandstof wat op roetes uit vragmotors gesteel word.