‘Don’t say gay’: Florida klap Disney terug

Florida-wetgewers het gestem om Walt Disney van sy spesiale selfregerende status te ontneem te midde van politieke verskille tussen die maatskappy en die goewerneur. Die status, wat in 1967 onderteken is, het Disney magte gegee om sy eie paaie te bou en nutsdienste in sy pretpark te beheer. Hy het ook geen belasting betaal nie. Die stap word algemeen beskou as vergelding vir Disney se teenkanting teen ‘n wetsontwerp wat laerskoolklaskamers verbied om seksuele oriëntasie te bespreek. Dit volg na Disney vroeër gesê het hy sal meer verteenwoordigend teenoor die LGBTQ-gemeenskap wees in sy produksies.