Rusland het oorlogmisdade gepleeg

Volgens ‘n nuwe verslag van Human Rights Watch het Russiese magte na bewering oorlogsmisdade gepleeg tydens hulle besetting van Bucha in die Oekraïne. Navorsers het uitgebreide bewyse gevind van mense wat voor die voet tereggestel is, ander wat onwettig doodgemaak is, verdwynings en marteling. ‘n Navorser van Human Rights Watch, Richard Weir, sê dit kom alles neer op oorlogsmisdade en moontlik misdade teen die mensdom. Hy sê die bewyse dui daarop dat Russiese magte totale minagting vir burgerlike lewens gehad het.