Fopnuus bedreig demokrasie – Obama

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê een van die grootste redes waarom demokrasie verswak, is die diepgaande verandering in die manier waarop mense inligting oordra en gebruik. Hy het by die Stanford Universiteit in Silicon Valley gepraat. Obama sê tegnologie-maatskappye moet meer deursigtig wees oor die manier waarop hulle inhoud bevorder, en strenger regulasies instel om die verspreiding van verkeerde inligting te bekamp: