Plaaslike brandstofprys onbekend maar diesel wek kommer

Die bekende ekonoom van Unam dr. Omu Kakujaha-Matundu sê die heersende situasie rakende die brandstofprys is steeds onbekend. Diesel wek volgens hom kommer omdat dit die dryfveer is vir industriële bedrywighede. Sy aanmerking kom op die hakke van die Suid-Afrikaanse Sentrale Energiefonds wat sê die petrolprys kan in Mei-maand daal maar diesel kan styg in die buurland…