Koningin Elizabeth doen Covid op

Koningin Elizabeth het positief getoets vir Covid-19 en toon ligte verkoueagtige simptome. Die 95-jarige koninklike was in direkte kontak met haar oudste seun en troonopvolger, die Prins van Wallis, wat verlede week positief getoets het. Buckingham-paleis sê die koningin sal voortdurende mediese sorg ontvang en alle toepaslike voorsorgmaatreëls sal gevolg word. Dit paleis voeg by […]

Read More

Kommer oor dwelmmiddels op plase

Die Namibiese Landbou-werkgewersvereniging het die area-bevelvoerder van die Nyime teen-stropingseenheid, Uys Prinsloo, versoek om boere in te lig oor die huidige toename van onwettige dwelmmiddels wat op kommersiële plase en onder die landelike gemeenskappe gevind word. Die meeste plaaswerkers ontvang hul salarisse in kontant, en die sindikate verruil hierdie items vir kontant wat byna onopspoorbaar […]

Read More

Europese Kommissie sê Rusland herskryf die reëls

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Rusland is blatant besig om die reëls van die internasionale stelsel te probeer herskryf. Von der Leyen het by die Münchense Sekerheidskonferensie gepraat oor die krisis in Oekraïne. Die EU hoop steeds vrede sal seëvier en dat diplomasie dit sal meebring. Von der Leyen […]

Read More

Oshakati kort nóg ‘n watersuiweringsaanleg

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, sê die opgegradeerde watersuiweringsaanleg by Oshakati voorsien 40 000 kubieke meter drinkwater per dag aan die streke van Oshana, Ohangwena en Oshikoto, wat 40 persent van die Namibiese bevolking is. Schlettwein sê daar is ‘n behoefte vir ‘n bykomende aanleg wat 50 000 kubieke meter water per dag kan voorsien. […]

Read More

Kragskuld aan City Power beloop R7,2 miljard

Mynmaatskappye, groot sakeondernemings, asook openbare hospitale en skole in Johannesburg, is onder die grootste wanbetalers op City Power se boeke. ‘n Woordvoerder, Isaac Mangena, het gesê 7,2 miljard rand is aan die Johannesburgse Metro-raad se kragvoorsiener verskuldig. Vyf miljard daarvan is vir drie maande of langer agterstallig. Uitstaande regeringsrekeninge beloop sowat 170 miljoen rand. Mangena […]

Read More

Politieke analis sê wanneer volksmoord-debat in NV kan hervat

Die parlement van Namibië het weer hervat en ‘n aantal kwessies moet bespreek en mosies ter tafel gelê word. Een van die groot verwagtinge sedert die Nasionale Vergadering die afgelope week vergader het, is die volksmoord-debat, maar daar is nog nie ‘n woord daaroor gerep nie. Kosmos 94.1 Nuus het aan die politieke analis, dr. […]

Read More

Meatco stel boere gerus

Vandat Meatco aangekondig het dat hulle nou 63 Namibiese dollar per kilogram aanbied vir alle grade beeste met ‘n karkasgewig van 180 kilogram of meer in Februarie, het hulle gesien hoe boere positief hierop reageer. Rosa Hamukuaja-Thobias, Meatco se korporatiewe verhoudingsbestuurder, het boere gerusgestel dat Meatco primêre produksie verseker.

Read More

Epstein se medewerker dood gevind in Paryse tronk

Die Franse modelleer-agent en Jeffrey Epstein se medewerker, Jean-Luc Brunel, is dood aangetref in ‘n tronk in Parys. Die 76-jarige Brunel is in Desember 2020 in aanhouding geneem as deel van ‘n ondersoek na bewerings van verkragting, seksuele aanranding en seksuele teistering. Die was ‘n voorlopige ondersoek om te bepaal of Epstein, die ontslape finansierder […]

Read More

Tennis: Kanadees pak Rus in eindronde in Marseille

Tennis: Die opkomende Kanadese ster, Felix Auger-Aliassime, het sy tweede opeenvolgende eindronde bereik en sal teen Andrey Rublev van Rusland te staan kom om die Marseille-titel. Auger-Aliassime het die Russiese kwalifiseerder, Roman Safiullin, met 7-6, 7-6 geklop. Die sewende gekeurde Rublev het in sy halfeindstryd ontslae geraak van Benjamin Bonzi van Frankyk met 6-3, 4-6, 6-3. Rublev maak ‘n gewoonte daarvan om die Franse se hoop tydens die toernooi te verpletter […]

Read More

DA sê salarisverhogings vir ANC-kaders is verraad

Die DA sê die minister van die staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, se besluit om ‘n salarisverhoging van 450 miljoen rand vir miljoenêr-bestuurders in die staatsdiens toe te ken, is ‘n belediging vir die privaatsektor en die meer as tien miljoen werklose Suid-Afrikaners. Leon Schreiber van die DA sê dit volg op leë beloftes deur […]

Read More