Twee Britte kry ligte vonnis vir reuse-bedrog

Twee Britte het ligte vonnisse ontvang nadat hulle honderde mense uit meer as 275 miljoen Namibiese dollar bedrieg het. Alan Barratt en Susan Dalton wat in Spanje gebaseer is, het 245 mense oortuig om hulle swaarverdiende spaargeld en pensioene in tien skemas te belê met beloftes van onrealistiese opbrengste en bonusse. Barratt is tot vyf jaar en sewe maande tronkstraf gevonnis en Dalton tot vier jaar en agt maande. Internasionale media berig die vermeende meesterbrein agter die skemas, David Austin het in 2019 selfmoord gepleeg na die polisie hom vir ‘n onderhoud gevra het.