Geingob en Venaani spreek medelye uit oor wyle Kibaki

Namibiese President Hage Geingob en die amptelike opposisieleier van die PDM, McHenry Venaani, het hul medelye uitgespreek na Kenia se voormalige president, Mwai Kibaki, is op die ouderdom van 90 jaar gesterf het. Kibaki was die eerste opposisieleier om in die verkiesing van 2002 en weer in 2007 deur ‘n koalisie-regering tot president verkies te word. Dit het wyle President Daniel Arap Moi se bewind van 40 jaar beëindig. President Geingob sê Kibabi se afsterwe is ‘n verlies vir Kenia en die hele Afrika. Venaani het Kibaki geloof as visionêre Afrika-leier vir sy liberale hervormings wat Kenia se kwynende ekonomie laat herleef het.