Passasier op vlug lok Mike Tyson uit

Die voormalige wêreld-swaargewigbokskampioen Mike Tyson het ‘n medepassasier verskeie kere in die gesig geslaan na die hoogs aangeklamde man hom herhaaldelik geteister het en hom met ‘n waterbottel gegooi het. Die voorval het gebeur na Tyson ‘n vlug by die San Francisco Internasionale Lughawe gehaal het om na Florida te vlieg. ‘n Selfoonvideo toon hoe die 55-jarige voormalige bokser die man in die sitplek agter hom slaan voor hy die vliegtuig verlaat. Die passasier het snye aan sy voorkop gehad en moes behandeling kry.