Suid-Afrikaners sal sakke moet skud om ligte aan te hou

Suid-Afrikaners sal hulle moet regmaak vir ‘n moontlike verhoging in munisipale kragtariewe terwyl die energie-reguleerder, Nersa, ‘n verhoging van 7,47 persent in tariewe in Julie aanbeveel. Volgens die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, verteenwoordig dit ‘n 3,49 persent-verhoging vir die 2022/2023-boekjaar. Roets sê dit afsonderlik van die 9,6 persent jaarlikse verhoging vir Eskom-kliënte. Hy voeg by Suid-Afrikaners sal meer geld moet uitgee om hul ligte aan te hou met lae-inkomste-huishoudings wat erg geraak word.