Plaatjies uiters opgewonde oor haar 7’s debuut

Asisipho Plaatjies sê sy is opgewonde om haar internasionale debuut vir die Springboek vroue-sewesspan te maak. Sy is opgeneem in afrigter Paul Delport se span vir die Rugby Afrika Vroue-sewestoernooi hierdie naweek in Tunisië. Die toernooi beteken vir die span ‘n terugkeer na internasionale deelname vir die eerste keer sedert die Kaapstad Sewes in Desember […]

Read More

Toegang tot die internet het baie verbeter

Die belangrikheid van inligtingstegnologie is deur die Covid-pandemie beklemtoon. Toegang tot die internet, en dus ook inligting, is van kritiese belang en daar is uitdagings in lande soos Namibië met ‘n lae bevolking en groot landelike gemeenskappe. Die adjunkminister van inligting Emma Theofelus sê dat teen die middel van Junie verlede jaar het internetdekking regoor […]

Read More

Mafe het politieke motief gehad met brandstigting

Die staat glo die brandstigting by die parlement in Kaapstad in Januarie kon ‘n politieke motief gehad het. Die beweerde brandstigter, Zandile Mafe, het glo opgetree omdat hy ongelukkig was met die optrede van die Suid-Afrikaanse regering. Die misdaad was skynbaar die gevolg van Mafe se diepgewortelde politieke, ideologiese en filosofiese oortuigings. Die staat beweer verder in ‘n voorlegging […]

Read More

Saak van seksuele teistering teen regter in Johannesburg uitgestel

Die Johannesburgse Landdroshof het die saak met aanklagte van seksuele aanranding en teistering teen ‘n voormalige waarnemende regter tot die 16de van volgende maand uitgestel. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het by die saak betrokke geraak nadat die Nasionale Vervolgingsgesag aanvanklik besluit het om nie te vervolg nie. Phyllis Vorster van AfriForum sê die slagoffer, ‘n vroulike […]

Read More

Otters onder die vergrootglas by die Okavangorivier

‘n Unam-student doen navorsing oor otters in die Okavangorivier. Laina Abiatar is besig met haar meestersgraad in biodiversiteitbestuur en min navorsing is in Namibië oor otters gedoen. Sy doen ‘n beroep op inwoners langs die Okavangorivier om haar te kontak as hulle otters in die rivier gewaar. Abiatar gesels oor wat haar belangstelling in otters […]

Read More

Saak met vervalste geld weer vandag in Karibib in die hof

Die vier mans wat in Karibib in besit van 30 000 Namibiese dollar se vervalste note gearresteer is, verskyn weer vandag in die hof op die dorp. Die vervalste geld is op 25 Januarie opgemerk toe ‘n man dit aangebied het by ‘n gastehuis op Usakos. Landdros Jo-Rina Jagger het borg van 8 000 dollar aan Lazarus Shitula en Temus Itengula toegestaan, terwyl Elity Efraim en […]

Read More

DA loop deur onder kritiek oor ANC-partytjies met belastinggeld

Die Suid-Afrikaanse ministerie van justisie het die DA se verklaring gekritiseer waarin hy ANC-kaders beskuldig dat hulle met belastingbetalers se geld partytjies hou. Die DA sê 18 ANC-ministers, -adjunkministers en hulle departemente het meer as 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand aan spyseniering, vermaak en verblyf bestee sedert Cyril Ramaphosa se regering in Mei 2019 oorgeneem het. […]

Read More

Stygende pryse? Dis Covid en Putin se skuld!

Verbruikers en huishoudings regoor die wêreld is onder druk met stygende pryse en onderbrekings in waardekettings het ook tot prysstygings gelei. Amerikaanse president, Joe Biden, sê daar is twee goed wat die blaam moet kry – Covid en Vladimir Putin.

Read More

Chernobyl-ramp vandag 36 jaar gelede

Dis vandag die 36ste herdenking van die Chernobyl-ramp in die Oekraïne, wat dikwels as die ergste kernkragaanleg-ramp in die geskiedenis beskryf word. Die voorval het op hierdie dag in 1986 plaasgevind toe tegnici van reaktor vier ‘n swak ontwerpte eksperiment uitgevoer het. Talle ontploffings het ‘n groot vuurbal veroorsaak en die swaar staal-en-betondak van die reaktor weggeblaas. […]

Read More

17 000 registreer vir werk, 1 400 geplaas

Werkloosheid in Namibië bly ‘n uitdaging. Daar word voorspel dat die syfer vanjaar 36 persent sal bereik met 49 persent van jeug wat die syfer uitmaak. Intussen berig plaaslike media dat die arbeidsministerie se aanlyn platform vir diegene wat werk soek, meer as 17 000 aansoekers geregistreer het waarvan ‘n skamele 1 420 werk gekry het. Die […]

Read More