Saak van seksuele teistering teen regter in Johannesburg uitgestel

Die Johannesburgse Landdroshof het die saak met aanklagte van seksuele aanranding en teistering teen ‘n voormalige waarnemende regter tot die 16de van volgende maand uitgestel. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het by die saak betrokke geraak nadat die Nasionale Vervolgingsgesag aanvanklik besluit het om nie te vervolg nie. Phyllis Vorster van AfriForum sê die slagoffer, ‘n vroulike advokaat en lid van die Johannesburgse Balie, sê sy is in die steek gelaat deur die professionele liggame wat hierdie tipe gedrag moet ondersoek: