Otters onder die vergrootglas by die Okavangorivier

‘n Unam-student doen navorsing oor otters in die Okavangorivier. Laina Abiatar is besig met haar meestersgraad in biodiversiteitbestuur en min navorsing is in Namibië oor otters gedoen. Sy doen ‘n beroep op inwoners langs die Okavangorivier om haar te kontak as hulle otters in die rivier gewaar. Abiatar gesels oor wat haar belangstelling in otters geprikkel het.