Saak met vervalste geld weer vandag in Karibib in die hof

Die vier mans wat in Karibib in besit van 30 000 Namibiese dollar se vervalste note gearresteer is, verskyn weer vandag in die hof op die dorp. Die vervalste geld is op 25 Januarie opgemerk toe ‘n man dit aangebied het by ‘n gastehuis op Usakos. Landdros Jo-Rina Jagger het borg van 8 000 dollar aan Lazarus Shitula en Temus Itengula toegestaan, terwyl Elity Efraim en Johannes Gaseb elk 5 000 borg ontvang het. Die Erongo-polisie het volgens die klagstaat die vier betrap met 33 vervalste 200 Namibiese dollar note en blanko Amerikaanse dollar note.