Chernobyl-ramp vandag 36 jaar gelede

Dis vandag die 36ste herdenking van die Chernobyl-ramp in die Oekraïne, wat dikwels as die ergste kernkragaanleg-ramp in die geskiedenis beskryf word. Die voorval het op hierdie dag in 1986 plaasgevind toe tegnici van reaktor vier ‘n swak ontwerpte eksperiment uitgevoer het. Talle ontploffings het ‘n groot vuurbal veroorsaak en die swaar staal-en-betondak van die reaktor weggeblaas. Weens die Chernobyl-ongeluk se erge bestraling is 28 van die 600 werkers op die terrein dood. Nog 106 werkers het weens hoë vlakke van bestraling akute bestralingsiekte opgedoen. Russiese owerhede het die ramp vir drie dae weggesteek.