Plaatjies uiters opgewonde oor haar 7’s debuut

Asisipho Plaatjies sê sy is opgewonde om haar internasionale debuut vir die Springboek vroue-sewesspan te maak. Sy is opgeneem in afrigter Paul Delport se span vir die Rugby Afrika Vroue-sewestoernooi hierdie naweek in Tunisië. Die toernooi beteken vir die span ‘n terugkeer na internasionale deelname vir die eerste keer sedert die Kaapstad Sewes in Desember 2019. Plaatjies sê sy voel nederig om hierdie fantastiese geleentheid te kry: