Mafe het politieke motief gehad met brandstigting

Die staat glo die brandstigting by die parlement in Kaapstad in Januarie kon ‘n politieke motief gehad het. Die beweerde brandstigter, Zandile Mafe, het glo opgetree omdat hy ongelukkig was met die optrede van die Suid-Afrikaanse regering. Die misdaad was skynbaar die gevolg van Mafe se diepgewortelde politieke, ideologiese en filosofiese oortuigings. Die staat beweer verder in ‘n voorlegging aan die hof hy glo Mafe het petrol in ‘n bottel gekoop en by die parlement ingesluip. Die beskuldigde beveg die weiering van sy aansoek om borgtog en uitspraak is voorbehou.