17 000 registreer vir werk, 1 400 geplaas

Werkloosheid in Namibië bly ‘n uitdaging. Daar word voorspel dat die syfer vanjaar 36 persent sal bereik met 49 persent van jeug wat die syfer uitmaak. Intussen berig plaaslike media dat die arbeidsministerie se aanlyn platform vir diegene wat werk soek, meer as 17 000 aansoekers geregistreer het waarvan ‘n skamele 1 420 werk gekry het. Die minister Utoni Nujoma sê sy ministerie het in die vorige finansiële jaar 398 besighede besoek om werk te probeer bekom vir die aansoekers. In Oktober 2019, het meer as 3 000 werksoekers opgedaag toe nege skoonmaker poste by Sentraal Hospitaal geadverteer is.