Toegang tot die internet het baie verbeter

Die belangrikheid van inligtingstegnologie is deur die Covid-pandemie beklemtoon. Toegang tot die internet, en dus ook inligting, is van kritiese belang en daar is uitdagings in lande soos Namibië met ‘n lae bevolking en groot landelike gemeenskappe. Die adjunkminister van inligting Emma Theofelus sê dat teen die middel van Junie verlede jaar het internetdekking regoor die land baie verbeter met 89 persent van die land se burgers wat deur 3G-gedek was, 10 persent meer as in 2019. Sy voeg by dat 79 persent van Namibiërs ook toegang tot 4G gehad het teenoor 40 persent in 2019. In haar mening is digitale geletterdheid nou uiters belangrik omdat die vlakke plaaslik redelik laag is en die gebruik van elektroniese handelplatforms moet aangemoedig word.