Springbok-slot Jason Jenkins verruil Munster vir Leinster

Rugby: Die vergete Springbok-slot Jason Jenkins se skuif vanaf Munster na Leinster in Ierland is bevestig. Hy het vir Suid-Afrika Onder 20 en Suid-Afrika A gespeel voor ‘n enkele toets vir die Bokke in 2018 teen Wallis in Washington. Jenkins het ook die Japannese span Toyota Verblitz en die Bulle verteenwoordig. Hy het verlede jaar Munster toe […]

Read More

Tekort aan knoffel in SA

‘n Verskaffer van knoffel sê daar is ‘n netto-tekort in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van ‘n verskaffer aan kleinhandelaars, Richardt Piek, sê die uiters nat vroeë somer het veroorsaak dat kwekers slegs 10 persent van graad 1-knoffel kon verskaf. Sake kan egter vinnig verbeter omdat Piek se maatskappy, Fortuna Foods, met die spesialis-landboukundige Dewald Smit saamwerk om meer […]

Read More

Oekraïne se presidensie sê 50 sterf in Russiese inval

Oekraïne se presidensie sê meer as 40 van die land se soldate en sowat tien burgerlikes is dood sedert die Russiese president, Vladimir Putin, ‘n spesiale militêre operasie aangekondig het. Die Russiese weermag sê intussen separatistiese magte in die ooste van Oekraïne wat deur Moskou gesteun word, maak vordering en het grondgebied ingeneem. Woordoerder Igo […]

Read More

Twee Covid-sterfgevalle op Gobabis en Tsumeb aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in die distrikte van Gobabis en Tsumeb aangemeld, asook 25 nuwe gevalle uit 1 019 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,5 persent verteenwoordig. In die groep is 11 leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 523 aktiewe gevalle, waarvan 34 pasiënte in hospitale is en drie in […]

Read More

Goud word weer gunsteling met chaos in Oekraïne

Goud is weer, nes aan die begin van die Covid-pandemie, beleggers se gunsteling kommoditeit omdat dit so veilige belegging is in onsekere tye. Die prys het reeds met 2 persent gestyg en op die oomblik, nader die edelmetaal 1 950 Amerikaanse dollar per fynons. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad sê dit is te […]

Read More

Fitch het kommer oor SA se vermoë vir fiskale konsolidasie

Die graderingagentskap Fitch het die ANC-regering se vermoë bevraagteken om fiskale konsolidasie toe te pas, sou inkomste-voorspellings teleurstel en ander fiskale risiko’s na vore kom. Die agentskap het gereageer op die buurland se begroting vir 2022 – 2023. Jan Friederich van Fitch sê die begroting bevestig sterker belastinginkomste het tot ‘n verbetering in openbare finansies […]

Read More

Duisende vlug Kiëv, ander bou voorrade op

Verkeersknope kom regoor Kiëv in die Oekraïne voor soos duisende mense die stad probeer vlug na Russiese magte die land aangeval het. Ander het weer in lang rye gestaan om kontant te trek en voorrade aan te vul. Tekens van senuweeagtigheid was oral sigbaar namate vliegtuie oorhoofs gevlieg het, ontploffings gehoor is en die noodsirene […]

Read More

Reën is nie weg nie, belowe

Dit wil voorkom asof die reën eers weg is en die sonnetjie skyn amper regoor die land met warm temperature. Maar, Odillo Kgobetsi van die weerdiens in die hoofstad sê daar sal verspreide donderbuie oor die volgende paar dae voorkom.

Read More

Om studente uit Oekraïne te ontruim stuur verkeerde boodskap

Die krisis in die Oekraïne oorheers die nuustoneel. Vroeër die maand het die ministerie van internasionale betrekkinge gesê dat hy Namibiese studente wat in die land studeer sal onttrek indien geweld uitbreek. Daar is ongeveer 114 Namibiërs wat in die Oekraïne swot. Maar, die voormalige eerste minister Nahas Angula sê dit sal nie die regte […]

Read More

NSFAF kry 6 000 aansoeke, sukkel met skuld

Die Namibiese Studente-hulpfonds sê hy is steeds besig om sy skuld in te vorder. Daar word beraam dat die fonds uitstaande skuld van ongeveer 2,6 miljard Namibiese dollar het van lenings wat sedert 1997 nie betaal het nie. Die fonds se hoof uitvoerende beampte, Kennedy Kandume, sê studente het na vore getree maar, dit het […]

Read More