Bees- en skaapuitvoere neem toe

Die Namibiese veesektor het op ‘n kwartaalgrondslag positiewe groei aangeteken, waar verbeterings in bees- en skaapslagtings deur uitvoer-abattoirs hoofsaaklik groei in die sektor ondersteun het. Bees- en skaap-uitvoere het in die eerste kwartaal van 2022 onderskeidelik met 137 persent en 35 persent toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek gesels met Kosmos 94.1 Nuus.