Namibiese Vroue-krieketspan klop Uganda met vyf paaltjies

Die Namibiese Vroue-krieketspan het hul laaste wedstryd teen Uganda met vyf paaltjies gewen. Edelle van Zyl van Namibië is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Eagles speel môremiddag om twee-uur teen Zimbabwe in die Capricorn driehoekige reeksfinaal in Windhoek.