Ramaphosa: Regering vasbeslote om beurkrag te beïndig

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering is vasberade om beurtkrag tot ‘n einde te bring. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief beurtkrag is die gevolg van die uitwerking van staatskaping. Hy sê Suid-Afrika se energie-sekerheid kan net hervorm en verseker word as die land afhanklikheid van een kragverskaffer verminder en ‘n mededingende elektriteitsmark daarstel wat nuwe beleggings in opwekkings-vermoë vrystel wat ekonomiese groei sal aanvuur.