DA in Gauteng bekommerd oor vyfde Covid-vlaag

Die DA in Gauteng is bekommerd die provinsiale departement van gesondheid het nie doeltreffende leierskap terwyl Covid-19-gevalle opskiet in ‘n waarskynlike vyfde vlaag soos die winter naderkom nie. Die waarnemente hoof van die departement, Sibongile Zungu, is verlede maand vir onbekende redes weg, en niemand is nog in haar pos aangestel nie. Jack Bloom van die DA sê mense neem ook steeds waar in ander senior poste, wat hoof-finansiële beampte insluit.