DBN gee lening van N$53 miljoen aan Gondwana

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het deur ‘n Covid-19 besigheidsverligtingslening gehelp om ongeveer 950 poste by Gondwana Collection te bewaar. Die bank het  finansiering van 53 miljoen Namibiese dollar aan Gondwana verskaf om die salarisse van sy werknemers te betaal. Die 950 werknemers is verdeel onder 28 verblyfinstellings en maatskappye waaruit die groep bestaan.